Kan Nie Quotes

We've searched our database for all the quotes and captions related to Kan Nie. Here they are! All 36 of them:

Iemand anders sal dié storie ook moet vertel om geloofwaardigheid daaraan te gee; die storie kan nie net teer op herinnering wat dit plooi na die eise van die hede nie.
Christoffel Coetzee (Op soek na generaal Mannetjies Mentz (Afrikaans Edition))
Herinnerings laat hulle nie so maklik orden nie. Om te onthou, beteken dat jy onverhoeds betrap kan word.
Sonja Loots (Sirkusboere)
Jy kan nie jou lewe vir Jesus gee sonder om dit vir die wêreld te gee nie.
Jaco Strydom (Confessions oor kerkwees (Afrikaans Edition))
Ek is nie seker wat die antwoord is nie, maar ek dink dit sal baie help as ons kan leer om kerk te wees saam met dié wat MIV-positief is, die werkloses en die weeskinders – en nie net uitreik na hulle nie . . .
Jaco Strydom (Confessions oor kerkwees (Afrikaans Edition))
We were in a shop once, and the shopkeeper, right in front of us, turned to his security guard and said, in Afrikaans, “Volg daai swartes, netnou steel hulle iets.” “Follow those blacks in case they steal something.” My mother turned around and said, in beautiful, fluent Afrikaans, “Hoekom volg jy nie daai swartes sodat jy hulle kan help kry waarna hulle soek nie?” “Why don’t you follow these blacks so you can help them find what they’re looking for?
Trevor Noah (Born A Crime: Stories from a South African Childhood)
Die hart is 'n erdwurm - jy kan hom nie volg nie, jy sny net stukke wurm af, aspris of per ongeluk, en hulle sukkel blind aan.
Danie Marais (In die buitenste ruimte (Afrikaans Edition))
[D]ié viciousness in my het ek tevore al gesien, bowenal by Ingrid, telkens as ek begin vrees het ons staan nie meer saam nie; die wêreld is te swaar vir 2 wat nie eendragtig is nie. En dan word dit ’n perverse soort toets: O.k., jy hou jou terug; dan sal ek jou wys dat ek so bitter kan wees dat jy nie van my sal durf hou nie (kleinserige selfverdediging): ek sal bitsig & wreed wees; en as jy net die destruktiewe sien dan faal jy; as jy sien hoe dit gebore word uit bang, gekwetste liefde, dan kom ons saam anderkant uit. Perverse sadisme wat heeltemal destruktief word.7
Leon De Kock (André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie (Afrikaans Edition))
Maar hier staan Klipman, hy’t niks oorgekom van dit nie. En hierie man van my, dink ek terwyl ek grot toe loop, is ’n annerlike man, want vuur en klip is nie owerste oor hom nie, nee. Dis annersom. Hy is die owerste oor vuur en klip, ahê”. Klipman se arm is nog steeds om my, hy hou my nog allie tyd vas. Sal nie weer teensukkel teen hom nie, dink ek. Hy’t my nou mooi saggebak. Ek is nou ‘n gaar skilpadjie, hy kan my maar afdop.
Marié Heese (Vuurklip)
Jy hoef nie berge of kranse te gaan klim nie. Jy kan net jou oë sluit en in die Binnestilte gaan. Dan ervaar jy die Onbekende, die lieflike eenwees met alles binne-in jou en rondom jou. Dan leef jy in hierdie ligte ekstase, die liefde vir alles oorrompel jou.
Elsa Joubert (Spertyd)
Dis asof ons onsself nie kan help nie. Ons raak maklik deurmekaar. Ons kompliseer eenvoudige waarhede wat bloot geleef moet word, en oorvereenvoudig komplekse dinge waaroor ons eerder moet stilbly.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Jy kan iemand in allerhande mense in allerhande situasies indwing, maar jy kan niemand dwing om vry te wees nie.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Maar Siegfried bly frons. “Ons hele ekonomie is tans op Amerikaanse geld gebou. Ek is bekommerd, Werner. Dertig biljoen dollar? Dis astronomies.” “Ag, Siegfried, hou tog net op om alewig so ’n pretbederwer te wees!” kan Freda dit nie meer hou nie.
Irma Joubert (Immer wes (Afrikaans Edition))
Alles wat leef en beef is vreemdelinge op hierdie blou kluit. Dieaarde verdra lewe, maar sy het dit nie gebaar nie. G’n wonder jy kan nie jou sit kry nie. G’n wonder jy voel nooit tuis nie. G’n wonder jy wil heeltyd uit- en wegvlieg. Styg maar op en bespied die wydtes: jy sal geen vaderland vind nie. Daar is spore in die sand en stories oor die spore en verder net verlange en wind. (Buys se woorde aan 'n vlieg)
Willem Anker (Buys: 'n grensroman)
Maar seerkry kom so dikwels omdat mens ’n bepaalde beeld van of vir die toekoms skep, asof dié verskiet, dié “eendag” die belangrikste is. En dit is nie. Dit is wat mense verlei om vals teenoor mekaar te wees, beloftes te maak vir ’n “eendag” waaroor hulle geen beheer het nie. En daarom is wat ek jou aanbied – here, dis min, ek weet, maar dit is vir my so kosbaar – nou. Dis nie fatalisme of hedonisme of watse isme ook al nie, dalk nie eers realisme nie. Maar is dit nie op stuk van sake ál waarvan ons as mense seker is nie? En dis ’n “nou” wat tyd eintlik van minder belang maak. Dit kan dae wees, of weke, of jare, of “for ever and ever”.
Francis Galloway (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)
Luister, liefling, ek hét jou lief, ek is bereid, méér, om altyd by jou te bly. Verstaan jy? Maar voordat jy só na my toe kan kom, is ek bang vir álle hoop, álle oorgawe gee aan moontlikhede … alewig moontlikhede … Ek wil nie “gedood word deur ’n droom”, om myself aan te haal nie. En dit sal vernietigend wees vir ons verhouding soos dit nou is. En daarom probeer ek, ten spyte van my eenheid en verbondenheid met jou, om dinge maar te aanvaar soos hulle is: goed, as ek nie by ander mans mag gaan lê nie – ek kan verstaan dat jy jaloers sal wees omdat jy my liefhet, maar Estelle is daarom ook tog iémand, én wat jy eenmaal liefgehad het, en by wie jy blý, en ek NEUL nie so nie!
Francis Galloway (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)
Bloed op ’n blom. Goed. Om ’n lang storie kort te maak. Ek staan hier met my hakke teen die voetenent van haar graf en die kort loop teen my voorkop. My duim is op die sneller. My wysvinger op die hamer. My hand ruk onder die gewig. Maar ek hou hom lynreg gerig. Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste en wanneer hy sy hand laat sak het, die Amalekiete. Is dit U sagte hand hier onder my elmboog vandag? Want dit help net mooi niks. Die dêm ding raak swaar. Hoe lank staan ek al hier? Hoeveel vrae gevra? Hoeveel antwoorde gekry? Niks. Time-fokken-out. Tyd het nog nooit so min beteken, na so min geruik of so sag geklink nie. Tyd was nog nooit so ontydig nie. Dalk proe tyd na die binnekant van jou mond, na die laaste ding wat daar deur is. Soos ’n vloekwoord. ’n Sug. Of ’n naam. Ek rol my tong een keer deur. Nog ’n sintuig klok uit. As ek haar naam net mag proe. Maar dis nie meer daar nie. Daar is niemand wat sal kom as ek haar naam roep nie. En dis my skuld. En ek kan net nie daardie kruis alleen dra nie. Ek is nie Job nie, Ma. Ek kan nie toekyk terwyl die gode deals maak onder my neus nie. Die lyn wat Goed en Kwaad skei loop eintlik dwarsdeur elke mens. Deur my ook, sê jy. Maar links hou op ’n tiekie is sommer baie inspanning vir ’n ou sonder ’n plan B. Ek wil nie meer nie. Beproewinge bevry my nie soos vir Job nie. Dit beleër my. Rampe maak my nie sterker nie. Dit troef my. Ondervinding bevry ander, maar maak my swaarder. En ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ’n mot. Die gode het gewen. Ek glo nie meer in dinge-sal-regkom nie. Ek het my geloof in God en goeie vooruitsigte so saam-saam verloor. My verhemelte wil die heil en onheil nie meer onderskei nie. My hemele stuur die Eliaswolke en reënnewels tegelyk. Ek kyk nie eers meer op nie. Dis nie dat ek nie weet nie. Dis dat ek te veel weet maar die deugde nie uitmekaar kan ken nie. Om jouself om die lewe te bring is soveel anders as om iemand anders dood te maak. Soveel moeiliker. Jy weet, selfmoord is sneaky. Die een helfte van jou brein probeer jou oorreed dat die ander helfte lieg. Links priem jou met redes om te gaan en regs por jou om te vertoef, soos vir ’n loopdop. Maar dié koeël sal my kwytskeld. As jy in die kort loop van ’n .38 Special staar, kan jy die merkies op die stomp loodpunte van die ander vier patrone sien. Nie dat ek hulle ooit nodig sal kry nie. Op hierdie afstand sal een koeël meer as genoeg wees. Ek kyk vir oulaas om. Ag. Die blomme. Ek laat sak die rewolwer, draai om en haal die mooi ruikers van die groot grafsteen af. Ek kyk rond. Daar is niemand nie. Net die denne. En ’n duif wat roekoek. Dis jammer. Ek wil vir iemand sê mens bloei nie op blomme nie. Wat ’n gedagte moes bly, glip toe uit. Die duif vlieg met trae vlerkslae weg. Mens bloei nie op blomme nie.
Steve Hofmeyr (Kapabel)
As jy kwaad is, kan ek jou nou verseker jy is nie kwaad genoeg nie. Hoeveel keer moet jy deur die ore genaai word om dit te besef? Waar is jou verset? Hoekom kom jy nie in opstand nie?..... ..... Word kwaad. Woedend. Tel 'n klip op, twee miskien, en begin aanstap. Doelgerig. Kwaad onthou. Kwaad omdat hulle met jou kop gesmokkel het, met jou brein gemors het, aan jou derms getorring en jou knaters probeer knot het. Nou gaan jy hulle wys.
Ryk Hattingh (Huilboek (Afrikaans Edition))
Jalan tarbiyah nie kalau jalan sorang2 ja x best..kena la ada yang memimpin tangan bersama2..lagi ramai lagi ohsem! Ukhuwah fillah till jannah kan..x kan nak jalan sorang2,jom akhawat semua jalan nie manis sangat walaupun kadang2 pahit,tapi pahit tue la ubat sebelum nak jadi lebih baik. Fastabiqul khairat!
khairi omar
Na die halfeeuwending het die Franse glans begin taan. Soos ook die belangrikheid van die Franse taal wat al hoe meer voor wêreldwye Engels moet wyk. Die intelligentsia het begin dwaal, geflirt met die Marxisme, of begin om die nuwe gode, die media, en by uitstek die internasionale vervlakking van TV aan te hang. Om self op die kassie te verskyn. 'La trahison des clercs', die verraad van die klerke, noem kritikus Julien Benda dit. Wie kan vandag nuwe groot name in die Franse skrywerswêreld opnoem? Wanneer laas het 'n bekende Franse skrywer die Nobelprys verower? Wie ken Claude Simon? Die styl en dinamiek van stede kom en gaan. Ook dié van beskawings. Dit lyk of die hele Weste op die afdraand van geld is. Op die oomblik is daar geen stad ter wêreld wat Parys se vroeg 20ste-eeuse roem kan ewenaar nie. Miskien amper New York? Ons sien dit ook in die Afrikaanse letterkunde wat 'n sekere elegansie verloor vir 'n brute en verwarde herwaardering van prioriteit in die Suider-Afrika waarin ons woon.
Jan Rabie (Buidel (Afrikaans Edition))
Jy mag aanspraak maak op ’n huwelik waarin jou behoeftes bevredig word. Dit is nie selfsug nie, dit is selfagting. Dit beteken jy ken jouself en weet wat vir jou goed is. Dit getuig van aanvaarding van jou behoeftes. Maar wat doen jy as dit nie in die vermoë van jou man is nie? Wat as hy nie kan nie? Waarvoor wag jy dan?
Juliana Coetzer (Oorkant jou: 'n Verhaal uit die binnekamer (Afrikaans Edition))
Nie­ka­da ne­gal­vok, jog pa­sie­kei pa­kan­ka­mą su­vo­ki­mo laips­nį. Vi­suo­met min­ty­se kar­tok sau: „To ne­už­ten­ka.
Yamamoto Tsunetomo (Hagakure (German Edition))
Daar is net twee soorte waansin waarteen mens op jou hoede moet wees, Ben,” sê hy rustig. “Die een is dat ons alles kan doen. Die ander is dat ons niks kan doen nie.
André P. Brink ('n Droë wit seisoen (Afrikaans Edition))
Maar dis geen suiwer, sober soort koue wat alles tot die skelet verhelder nie: dis triestig en modderig; ook vir die hart. Niks kan hier uitkristalliseer nie – hoogstens versteen.
André P. Brink (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)
Opsoek na ‘n “geheime wapen” om jou besigheid te help groei? Brei Jou Besigheid Uit met Resultaat Gedrewe Bemarking Strategië! Word deel van ‘n Groep Suid-Afrikaanse Entrepreneurs wat met jou die vaardighede en hulpbronne deel om beter en groter besighede te bou. Verkry wenke oor wat werk en wat nie sodat jy 'n beter en groter besigheid kan bou! Indien jy te besig is of nie tyd het nie kan ons jou help met implementering ook want... Ons help besighede en entrepreneurs met suksesvolle bemarking idees om beter en groter besighede te bou.
Renoster
internasionale woord vir ’n begeerte om te reis, “wanderlust”, afgelei is van die Duitse woord vir stap, “wandern”. In moderne Duits word Wanderlust gewoonlik vervang deur Fernweh, wat letterlik vertaal kan word as “weemoed vir die verte”, die teenoorgestelde van Heimweh of “weemoed vir die huis”. En tog kan jy terselfdertyd aan albei hierdie toestande ly. Vra maar vir my. Ek is ’n reisiger wat al dekades lank twee swaar tasse saam met my dra. Aan my een arm hang ’n tas wat vol Fernweh geprop is, aan my ander ’n tas vol Heimweh. Die begeerte om verder te reis is altyd daar. Maar omdat ek so ver van my geboorteland af lewe, gaan die heimwee nooit heeltemal weg nie. Die Britse skrywer
Marita van der Vyver ('n Baie lang brief aan my dogter (Afrikaans Edition))
Dan begin jy voel soos die hond wat die bus gevang het. Ongemaklik. Want dié groot, vet bus loop skynbaar nie net na bestemming Bevordering nie. Daar is ander plekke waar hy ook kan stop.
Deon Meyer (Die vrou in die blou mantel (Afrikaans Edition))
jy bly om my kleef soos ’n mislaag en verdof my vrede tot vaag herkenbare lettergrepe wat my verstoot en verwens vir elke oomblik van hoop net omdat ek eenmaal teen wil en wens en sin in en blindverlore jou kindmens-oë in my dooie siel laat kyk het en nou sal ek nooit weer grammatikaal korrek en redeloos raak kan skryf nie
Margriet Strydom (Meisie: 'n Digbundel (Afrikaans Edition))
Die dorp se kerk is werklik mooi en die argitektuur het haar vir ‘n paar minute besig gehou. Die ou gebou het ‘n statigheid wat verlore gegaan het in die ontwerp van al die ander kerke waarin sy al was. Seker nie vergelykbaar met katedrale in Europa nie, nee. Minder prag en praal, meer erns. Dit is ‘n gebou wat mense kan aanspoor om hulle sondes te oordink. Nie te bieg daaroor nie, want bieg is ‘n ander saak. Dit sit nie in protestante se bloed om te bieg nie. Hulle huigel en swyg.
Elizabeth Wasserman (Die fantastiese mevrou Smit)
Snaaks, het sy dikwels daarna gedink, hoe ’n mens sulke lewensveranderende besluite sommer so op die ingewing van die oomblik kan neem. Grinnikend oor ’n glas wyn. Want jy weet nie wat die werklik belangrike besluite in jou lewe is terwyl jy hulle neem nie. Eers later, wanneer jy terugkyk, besef jy dat alles anders sou uitgewerk het as jy dáár anders besluit het. Of dalk nie.
Marita van der Vyver (Grensgeval (Afrikaans Edition))
79% Verdienstelik 11 punte Bogemiddelde vertolking van onderwerp; alle aspekte goed verkenVolledige respons Verskeidenheid argumente goed uit teks gestaaf Baie goeie begrip van genre en teks Verdienstelik 7 punte Opstel goed gestruktureer Goeie inleiding en slot Argumente en gedagtegang maklik om te volg Taal, styl en toon korrek en geskik vir doel Goeie aanbieding Kode 5: 60 – 69% Beduidend 9 of 10 punte Toon begrip en onderwerp goed vertolk Redelik volledige respons Sommige goeie argumente, maar nie almal goed genoeg gemotiveer nie Begrip van genre en teks duidelik Beduidend 6 punte Duidelike struktuur en logiese vloei van argument Inleiding en slot en ander paragrawe samehangend georganiseer Gedagtegang kan gevolg word Taal, styl en toon grootliks korrek Kode 4: 50 – 59% Voldoende 8 punte Redelike begrip van onderwerp; nie alle aspekte volledig verken nie Sommige goeie punte ter stawing van onderwerp Die meeste argumente gemotiveer, maar bewyse nie altyd oortuigend nie Basiese begrip van genre en teks Voldoende 5 punte Bewyse van struktuur Opstel ontbreek ’n goed gestruktureerde logiese vloei en samehang Taalfoute
Dalene Matthee (Kringe in 'n bos: Skooluitgawe (Afrikaans Edition))
Marta, hulle teenwoordigheid verander mos nie 'n jota of tittel aan wat jy mense toewens nie. As hulle nie deur ons opvattings geaffronteer word nie, hoekom affronteer hulle opvattings jou? Dit kan nie aansteek nie, dit kan nie aan jou afsmeer nie, en dit kan nie hier agterbly as hulle vanaand huis toe gaan nie. En as jy verby die verskille kyk, sal jy agterkom hulle is mense, nes ek en jy, wat hard moet werk om te oorleef in 'n wêreld wat dit vir hulle ontsettend moeilik gemaak het. Om 'n hand van vriendskap uit te reik, kos niks en dit neem niks weg van wat ons is nie. - Kanaan
Sophia Kapp
n Mens is nie ’n vrugtefles wat jy verbete met ’n deksel kan toeskroef sodat die inhoud selfs vir seisoene na mekaar so behoue kan bly nie, Tinneke. ’n Mens is ’n lewende iets wat gis en borrel en die een of ander tyd ontplof jy as jy nie verligting kry nie. (Drieklawerblaar)
Christine Barkhuizen le Roux
n Ma – wat is ’n ma nou eintlik? Ester het al gesê as sy kyk na haar tydgenote en hulle kinders, is sy maar bly sy het nie kinders nie, ’n mens is hulle slaansak. Kinders het iemand nodig om by af te pak, en daardie iemand is ’n ma. Dié een wat hulle weet vir wie hulle alles kan sê en wat alles sal verduur. Móét kan verduur. En die een van wie hulle alles ook kan weghou. Sodat sy ook dít moet verstaan. (Drieklawerblaar)
Christine Barkhuizen le Roux
En asof jy op ’n roltrap vervoer word van een vloer na die ander, en nie kan afklim nie, so vervoer die tyd jou onversetlik weg van jou man se dood. Maar die verlies van ’n seun of dogter, dit stort die droefheid uit, ook op jou, maak nie saak hoe lank gelede nie, dis nog daar, altyd daar.
Elsa Joubert (Spertyd)
Want die wêreld en die lewe ís magies, Nero. Op ’n manier. Want ons kan planne maak soos ons wil, maar die heelal steur hom nie daaraan nie.
Deon Meyer (Koors)
Kan jy iemand soos Waldie Raubenheimer vergewe omdat hy net nog ’n gebreinspoelde jongeling was? Net nog méér gebreinspoel as Theo van Velden en derduisende ander? Dan moet jy mos alle soldate in alle oorloë vir hulle gruweldade vergewe? Omdat oorlog nie anders kan as om tot gruweldade te lei nie?
Marita van der Vyver (Grensgeval (Afrikaans Edition))