Ek Is Lief Vir Jou Quotes

We've searched our database for all the quotes and captions related to Ek Is Lief Vir Jou. Here they are! All 2 of them:

dat ek jou nou gadeslaan my lam ontbloot en in die pad steek saam met doeke en vullis my lief dat ek jou so moet sien en jy vir my sonder sonde sonder drome want ’n leeftyd van saamloop loop leeg in jou oë en my hande wentel en val my las dat ek en jy tot dit moes kom
Margriet Strydom (Meisie: 'n Digbundel (Afrikaans Edition))
Luister, liefling, ek hét jou lief, ek is bereid, méér, om altyd by jou te bly. Verstaan jy? Maar voordat jy só na my toe kan kom, is ek bang vir álle hoop, álle oorgawe gee aan moontlikhede … alewig moontlikhede … Ek wil nie “gedood word deur ’n droom”, om myself aan te haal nie. En dit sal vernietigend wees vir ons verhouding soos dit nou is. En daarom probeer ek, ten spyte van my eenheid en verbondenheid met jou, om dinge maar te aanvaar soos hulle is: goed, as ek nie by ander mans mag gaan lê nie – ek kan verstaan dat jy jaloers sal wees omdat jy my liefhet, maar Estelle is daarom ook tog iémand, én wat jy eenmaal liefgehad het, en by wie jy blý, en ek NEUL nie so nie!
Francis Galloway (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)