Tyd Quotes

We've searched our database for all the quotes and captions related to Tyd. Here they are! All 13 of them:

Lika svårt som att koncentrerat betrakta en tydli text på ett begriplit språk, å fast läskunni int läsa, lika svårt är de att sluta älta sin vånda.
Nikanor Teratologen (Förensligandet i det egentliga Västerbotten)
Dié tyd kom vir ons ook nader. En ons weet so min.” Sy antwoord baie sag: “Sy moet oorstap oor die rivier, maar sy sal nie weet waar sy is voor sy nie daar is nie. Dit hinder my nie dat ons nie weet nie.
Elsa Joubert (Spertyd)
Dis maklik om te sê die kerk is ’n droë ou moeder. Tog wil ek my nie indink wat sal in die woestyn van barmhartigheid gebeur as die wêreld op ’n oggend wakker word en alle kerke het oornag hulle deure gesluit en hulle aktiwiteite gestaak nie. Geen brood om uit te deel nie. Geen sendingstasies of sopkombuise nie. Niemand om mense te doop en te begrawe nie. Eers op daardie dag sal ons besef die ou moeder was toe al die tyd nie so dor as wat ons gedink het nie.
Annelie Botes (Swart op Wit (Afrikaans Edition))
Maar hier staan Klipman, hy’t niks oorgekom van dit nie. En hierie man van my, dink ek terwyl ek grot toe loop, is ’n annerlike man, want vuur en klip is nie owerste oor hom nie, nee. Dis annersom. Hy is die owerste oor vuur en klip, ahê”. Klipman se arm is nog steeds om my, hy hou my nog allie tyd vas. Sal nie weer teensukkel teen hom nie, dink ek. Hy’t my nou mooi saggebak. Ek is nou ‘n gaar skilpadjie, hy kan my maar afdop.
Marié Heese (Vuurklip)
Maar seerkry kom so dikwels omdat mens ’n bepaalde beeld van of vir die toekoms skep, asof dié verskiet, dié “eendag” die belangrikste is. En dit is nie. Dit is wat mense verlei om vals teenoor mekaar te wees, beloftes te maak vir ’n “eendag” waaroor hulle geen beheer het nie. En daarom is wat ek jou aanbied – here, dis min, ek weet, maar dit is vir my so kosbaar – nou. Dis nie fatalisme of hedonisme of watse isme ook al nie, dalk nie eers realisme nie. Maar is dit nie op stuk van sake ál waarvan ons as mense seker is nie? En dis ’n “nou” wat tyd eintlik van minder belang maak. Dit kan dae wees, of weke, of jare, of “for ever and ever”.
Francis Galloway (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)
Bloed op ’n blom. Goed. Om ’n lang storie kort te maak. Ek staan hier met my hakke teen die voetenent van haar graf en die kort loop teen my voorkop. My duim is op die sneller. My wysvinger op die hamer. My hand ruk onder die gewig. Maar ek hou hom lynreg gerig. Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste en wanneer hy sy hand laat sak het, die Amalekiete. Is dit U sagte hand hier onder my elmboog vandag? Want dit help net mooi niks. Die dêm ding raak swaar. Hoe lank staan ek al hier? Hoeveel vrae gevra? Hoeveel antwoorde gekry? Niks. Time-fokken-out. Tyd het nog nooit so min beteken, na so min geruik of so sag geklink nie. Tyd was nog nooit so ontydig nie. Dalk proe tyd na die binnekant van jou mond, na die laaste ding wat daar deur is. Soos ’n vloekwoord. ’n Sug. Of ’n naam. Ek rol my tong een keer deur. Nog ’n sintuig klok uit. As ek haar naam net mag proe. Maar dis nie meer daar nie. Daar is niemand wat sal kom as ek haar naam roep nie. En dis my skuld. En ek kan net nie daardie kruis alleen dra nie. Ek is nie Job nie, Ma. Ek kan nie toekyk terwyl die gode deals maak onder my neus nie. Die lyn wat Goed en Kwaad skei loop eintlik dwarsdeur elke mens. Deur my ook, sê jy. Maar links hou op ’n tiekie is sommer baie inspanning vir ’n ou sonder ’n plan B. Ek wil nie meer nie. Beproewinge bevry my nie soos vir Job nie. Dit beleër my. Rampe maak my nie sterker nie. Dit troef my. Ondervinding bevry ander, maar maak my swaarder. En ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ’n mot. Die gode het gewen. Ek glo nie meer in dinge-sal-regkom nie. Ek het my geloof in God en goeie vooruitsigte so saam-saam verloor. My verhemelte wil die heil en onheil nie meer onderskei nie. My hemele stuur die Eliaswolke en reënnewels tegelyk. Ek kyk nie eers meer op nie. Dis nie dat ek nie weet nie. Dis dat ek te veel weet maar die deugde nie uitmekaar kan ken nie. Om jouself om die lewe te bring is soveel anders as om iemand anders dood te maak. Soveel moeiliker. Jy weet, selfmoord is sneaky. Die een helfte van jou brein probeer jou oorreed dat die ander helfte lieg. Links priem jou met redes om te gaan en regs por jou om te vertoef, soos vir ’n loopdop. Maar dié koeël sal my kwytskeld. As jy in die kort loop van ’n .38 Special staar, kan jy die merkies op die stomp loodpunte van die ander vier patrone sien. Nie dat ek hulle ooit nodig sal kry nie. Op hierdie afstand sal een koeël meer as genoeg wees. Ek kyk vir oulaas om. Ag. Die blomme. Ek laat sak die rewolwer, draai om en haal die mooi ruikers van die groot grafsteen af. Ek kyk rond. Daar is niemand nie. Net die denne. En ’n duif wat roekoek. Dis jammer. Ek wil vir iemand sê mens bloei nie op blomme nie. Wat ’n gedagte moes bly, glip toe uit. Die duif vlieg met trae vlerkslae weg. Mens bloei nie op blomme nie.
Steve Hofmeyr (Kapabel)
Opsoek na ‘n “geheime wapen” om jou besigheid te help groei? Brei Jou Besigheid Uit met Resultaat Gedrewe Bemarking Strategië! Word deel van ‘n Groep Suid-Afrikaanse Entrepreneurs wat met jou die vaardighede en hulpbronne deel om beter en groter besighede te bou. Verkry wenke oor wat werk en wat nie sodat jy 'n beter en groter besigheid kan bou! Indien jy te besig is of nie tyd het nie kan ons jou help met implementering ook want... Ons help besighede en entrepreneurs met suksesvolle bemarking idees om beter en groter besighede te bou.
Renoster
Een of anner tyd moet mens ’n keuse maak, nè?” “En as daar nie ’n keuse is nie?
Joha van Dyk (Kanniedood (Branderjaer #3))
Dit voel of sy ’n geheim vashou waarvan hierdie Stormbaai-meisie nooit sou kon droom nie. In hulle wêreld is reg en verkeerd so maklik, so . . . storieboek. Die man met die snor en die swart oë is die obvious villain. Die seun met die blou oë en blonde hare die hero. “Niemand is helemal goed nie, Bella. Niemand is oek helemal sleg nie. Die wêreld issie so swart en wit nie. Meeste van die tyd is dit grys.
Joha van Dyk (Kanniedood (Branderjaer #3))
Terwyl Brink die toetse van sy Olivetti-tikmasjien toegetakel het met sy regter-middelvinger, soos sy gewoonte was, het Estelle al om die uur koffie en pampoenkoekies aangedra. Die egpaar het toe in ’n dakwoonstelletjie gewoon by rue Vieille du Temple nr. 124 in Parys.51 Naas Steenkamp het hierdie tyd grappig – en raak – beskryf: “Estelle bak ’n koek, André kak ’n boek.”52 Met sy vrou se tradisionele pampoenkoekies as brandstof het Brink dus sy eerste avant-garde fiksie geskep, met Camus as inspirasie. Voorwaar ’n pikante bredie!
Leon De Kock (André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie (Afrikaans Edition))
n Mens is nie ’n vrugtefles wat jy verbete met ’n deksel kan toeskroef sodat die inhoud selfs vir seisoene na mekaar so behoue kan bly nie, Tinneke. ’n Mens is ’n lewende iets wat gis en borrel en die een of ander tyd ontplof jy as jy nie verligting kry nie. (Drieklawerblaar)
Christine Barkhuizen le Roux
En asof jy op ’n roltrap vervoer word van een vloer na die ander, en nie kan afklim nie, so vervoer die tyd jou onversetlik weg van jou man se dood. Maar die verlies van ’n seun of dogter, dit stort die droefheid uit, ook op jou, maak nie saak hoe lank gelede nie, dis nog daar, altyd daar.
Elsa Joubert (Spertyd)
Soms laat ons die dinge wat vir ons die heiligste is in ander se sorg. Wanneer ons dit deel, leef die verhaal voort, ná ons en ons tyd. 'n Daad van geloof en liefde.
Marguerite Poland (Die Bewaker)