Gedagtes Quotes

We've searched our database for all the quotes and captions related to Gedagtes. Here they are! All 22 of them:

Blykbaar is haar kop op die oomblik 'n broeiplek vir belaglike gedagtes. Hulle teel soos kakkerlakke in elke donker hoekie van haar brein uit en skarrel heen en weer deur haar kop met voelers wat parmantig omhoog staan.
Wilna Adriaanse (Vier Seisoene Kind)
... de jongen soo verbaast gaauw tegen de stijlte weer op liep, schreeuwende luijtkeels de schuijt vergaat og was ik bij mijn moeder op het landt, van hem een openhartige confessie, door hem geroepen en van andere meer als duijsentmalen gedagt, maar die ijdele wenschen konnen nu niet baten, bidden Godt maar hij ons soo eens met voor en tegenspoet sal laten komen in de have van ons begeerte ...
Maria Wilhelmina Lammens (Op reis met de VOC. De openhartige dagboeken van de zusters Lammens en Swellengrebel)
Lees is vir die gedagtes soos oefening is vir die liggaam
Willie Botes (Kruispad)
Maar asof die natuur self vir Eron ’n troosgeskenk wou gee, was dit ’n helder herfsdag toe hy die voetheuwels van Galgepiek bereik. Die son het deur die takke gesprankel en die woud in skarlaken en brons gehul. Daar was die sonlig en die herfsblare en sy gedagtes het verder weggedwaal, sodat hy nie mooi besef het wat rondom hom gebeur nie. Die klank van tienduisend ruisende, ritselende blare het sy aandag getrek. Maar dit was nie herfsblare nie, dit was vlinders wat in die Nanaalse woud vertoef op reis na die warmer suidelike streke. Soos blare met gekartelde rante het hulle rondgedwarrel en ineens was alles één: Die vlinders was bewus van die son, die son het homself gedeel met die woud, die woud was bedag op die voetstappe en het haarself oopgekelk vir die hartseer seun en sy hond.
Carina Stander (Die Wonderwese (Bergengel #2))
Bloed op ’n blom. Goed. Om ’n lang storie kort te maak. Ek staan hier met my hakke teen die voetenent van haar graf en die kort loop teen my voorkop. My duim is op die sneller. My wysvinger op die hamer. My hand ruk onder die gewig. Maar ek hou hom lynreg gerig. Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste en wanneer hy sy hand laat sak het, die Amalekiete. Is dit U sagte hand hier onder my elmboog vandag? Want dit help net mooi niks. Die dêm ding raak swaar. Hoe lank staan ek al hier? Hoeveel vrae gevra? Hoeveel antwoorde gekry? Niks. Time-fokken-out. Tyd het nog nooit so min beteken, na so min geruik of so sag geklink nie. Tyd was nog nooit so ontydig nie. Dalk proe tyd na die binnekant van jou mond, na die laaste ding wat daar deur is. Soos ’n vloekwoord. ’n Sug. Of ’n naam. Ek rol my tong een keer deur. Nog ’n sintuig klok uit. As ek haar naam net mag proe. Maar dis nie meer daar nie. Daar is niemand wat sal kom as ek haar naam roep nie. En dis my skuld. En ek kan net nie daardie kruis alleen dra nie. Ek is nie Job nie, Ma. Ek kan nie toekyk terwyl die gode deals maak onder my neus nie. Die lyn wat Goed en Kwaad skei loop eintlik dwarsdeur elke mens. Deur my ook, sê jy. Maar links hou op ’n tiekie is sommer baie inspanning vir ’n ou sonder ’n plan B. Ek wil nie meer nie. Beproewinge bevry my nie soos vir Job nie. Dit beleër my. Rampe maak my nie sterker nie. Dit troef my. Ondervinding bevry ander, maar maak my swaarder. En ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ’n mot. Die gode het gewen. Ek glo nie meer in dinge-sal-regkom nie. Ek het my geloof in God en goeie vooruitsigte so saam-saam verloor. My verhemelte wil die heil en onheil nie meer onderskei nie. My hemele stuur die Eliaswolke en reënnewels tegelyk. Ek kyk nie eers meer op nie. Dis nie dat ek nie weet nie. Dis dat ek te veel weet maar die deugde nie uitmekaar kan ken nie. Om jouself om die lewe te bring is soveel anders as om iemand anders dood te maak. Soveel moeiliker. Jy weet, selfmoord is sneaky. Die een helfte van jou brein probeer jou oorreed dat die ander helfte lieg. Links priem jou met redes om te gaan en regs por jou om te vertoef, soos vir ’n loopdop. Maar dié koeël sal my kwytskeld. As jy in die kort loop van ’n .38 Special staar, kan jy die merkies op die stomp loodpunte van die ander vier patrone sien. Nie dat ek hulle ooit nodig sal kry nie. Op hierdie afstand sal een koeël meer as genoeg wees. Ek kyk vir oulaas om. Ag. Die blomme. Ek laat sak die rewolwer, draai om en haal die mooi ruikers van die groot grafsteen af. Ek kyk rond. Daar is niemand nie. Net die denne. En ’n duif wat roekoek. Dis jammer. Ek wil vir iemand sê mens bloei nie op blomme nie. Wat ’n gedagte moes bly, glip toe uit. Die duif vlieg met trae vlerkslae weg. Mens bloei nie op blomme nie.
Steve Hofmeyr (Kapabel)
We have most to learn from those who are different from us
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
We may not practice what we preach, but we do preach what we practice - every single day in every possible way
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Toe sien ek, die ou tannie met die swak teologie wat drie weeskinders in haar plakkershuis inneem, doen meer as sewe goeie teoloë . . .
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
we'd rather look better and feel better, than become better - this is the great compromise that keeps us from growing spiritually...
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Die alternatief vir krummels-gooi vir die armes is nie om brode te gooi nie, maar om 'n maaltyd te deel.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
n ronde gebou met 'n toring en 'n hoender op is eintlik 'n aardige hok vir 'n alomteenwoordige God ('n ouditorium ok)
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Kom ons reël 'n braai, dan moan ons bietjie oor hoe sleg dit gaan in die nuwe Suid-Afrika.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Dis asof ons onsself nie kan help nie. Ons raak maklik deurmekaar. Ons kompliseer eenvoudige waarhede wat bloot geleef moet word, en oorvereenvoudig komplekse dinge waaroor ons eerder moet stilbly.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Oor my eerste boek, Confessions oor kerkwees, het ’n dominee in die Kaap gesê: “Dit lees lekker op die toilet.” My gebed is dat dit ook so sal wees met hierdie boek.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Jy kan iemand in allerhande mense in allerhande situasies indwing, maar jy kan niemand dwing om vry te wees nie.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Elke nou en dan moet ek myself herinner: ’n Metafoor, ons beste poging om oor geestelike dinge te praat, sê iéts oor ’n bepaalde saak, maar nooit álles nie. Van die grootste krisisse in die kerkgeskiedenis het gebeur toe die wilde God se mense op ’n metafoor verlief geraak het.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Dalk moet ons nie so verbaas wees wanneer ’n prostituut, ’n dwelmverslaafde en ’n hawelose ’n erediens bywoon nie. Dalk moet ons eerder verbaas wees omdat so baie welaf mense wat vir hulleself leef en net nou en dan krummels vir die armes gooi, so tuis voel in ons eredienste.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Die 'ons mense eerste'-evangelie staan radikaal in teenstelling met die evangelie van Jesus, want selfsug is die teenoorgestelde van liefde.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Ons is geneig om te soek na bewyse wat ons angstigheid regverdig. Ons doen dit, dikwels onbewustelik, deur die stories wat ons vrese bevestig ernstig op te neem, en dié wat die teendeel bewys met agterdog te beluister. Onbekend is onbemind. Die enigste teenvoeter vir groeiende vooroordele en die vrese wat daarmee saamgaan, is dat ons dit doelbewus nader aan mekaar waag, en dat ons leer om met ons ore te luister en nie met ons ego’s nie.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
when you fight evil with evil, the outcome is certain: evil will win
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
In verskillende mooi ontwikkelde persoonlikhede, indiwiduele bevoegdhede in die gemeenskap, kom die dieper skeppingskrag van die lewe, die universele vormingskrag tot persoonlike uiting; en omdat ons Afrikaners nie in 'n kleurlose benede-kultuurlikheid wil bly wegskuil nie, maar ons kultuur-persoonlikheid tot die volheid van sy ontwikkeling wil bring, hier binne ons geografiese grense, daarom wil ons 'n eie Afrikaanse kultuur hê, nie 'n nageaapte vorm-dooie ding, 'n vliesdun vel wat ons oor die geraamte van 'n Wes-Europese land se beskawingsvorm getrek het nie, maar 'n eie, vollewende skepping wat die tekens van ons ervaring, ons geskiedenis dra.
C.M. van den Heever (Die Afrikaanse gedagte)
somer swel soos ’n ryp lemoen in my palms en kolk die lug in die geur van sitrus en son sypel deur my vel word ’n roering rondom my my rug teken ruigtes blare van bekendes en ontdekkings waar ek vanoggend nog was en my voete stamp nie meer nie my oë soek nie meer nie - nie na sekerheid of son of saad nie die seisoen omhels my streel strepe son oor my wange soos my siel my liggaam vol maak met nektar en sappe en gedagtes
Margriet Strydom (Meisie: 'n Digbundel (Afrikaans Edition))