Ek Weet Nie Quotes

We've searched our database for all the quotes and captions related to Ek Weet Nie. Here they are! All 9 of them:

Ek weet nie of u dit verstaan nie. Ons is vry, maar ons bly eensaam.
Eleanor Baker (Dossier van 'n gyseling)
Sy het net kwaad geword, en kwaad is nie 'n emosie nie. Ek sal weet. Dis soos grond; jy gebruik dit om ander, egter goed te begrawe. Haat. Jaloesie. Liefde.
Irma Venter (Skrapnel)
Ek het gedink Ek het gedink dat ek jou kon vergeet, en in die sagte nag alleen kon slaap, maar in my eenvoud het ek nie geweet dat ek met elke windvlaag sou ontwaak: Dat ek die ligte trilling van jou hand weer oor my sluimerende hals sou voel … Ek het gedink die vuur wat in my brand het soos die wit boog van die starre afgekoel. Nou weet ek is ons lewens soos ’n lied waarin die smarttoon van ons skeiding klink en alle vreugde terugvloei in verdriet en eind’lik in ons eensaamheid versink.
Ingrid Jonker
Ek weet ons staan vry teenoor mekaar, bind mekaar aan niks, verbind mekaar tot niks: maar ek wens ek kon by jou wees; en help. Nie net om ’n woonplek te kry en al die peuterighede van elke dag te deel nie; maar – dalk – om te help om van alleenwees langsaam te genees.
Francis Galloway (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)
En skryf – vir ons – ’n gedig oor: “Die herinnering aan ’n aand is ’n appel”; en verbind dit met Adam-en-Eva se appel; en eet die appel aan die einde; en vra dan: En nou? Jy sal weet hoe. Ek is nie ’n digter nie.
Francis Galloway (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)
Maar seerkry kom so dikwels omdat mens ’n bepaalde beeld van of vir die toekoms skep, asof dié verskiet, dié “eendag” die belangrikste is. En dit is nie. Dit is wat mense verlei om vals teenoor mekaar te wees, beloftes te maak vir ’n “eendag” waaroor hulle geen beheer het nie. En daarom is wat ek jou aanbied – here, dis min, ek weet, maar dit is vir my so kosbaar – nou. Dis nie fatalisme of hedonisme of watse isme ook al nie, dalk nie eers realisme nie. Maar is dit nie op stuk van sake ál waarvan ons as mense seker is nie? En dis ’n “nou” wat tyd eintlik van minder belang maak. Dit kan dae wees, of weke, of jare, of “for ever and ever”.
Francis Galloway (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)
Bloed op ’n blom. Goed. Om ’n lang storie kort te maak. Ek staan hier met my hakke teen die voetenent van haar graf en die kort loop teen my voorkop. My duim is op die sneller. My wysvinger op die hamer. My hand ruk onder die gewig. Maar ek hou hom lynreg gerig. Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste en wanneer hy sy hand laat sak het, die Amalekiete. Is dit U sagte hand hier onder my elmboog vandag? Want dit help net mooi niks. Die dêm ding raak swaar. Hoe lank staan ek al hier? Hoeveel vrae gevra? Hoeveel antwoorde gekry? Niks. Time-fokken-out. Tyd het nog nooit so min beteken, na so min geruik of so sag geklink nie. Tyd was nog nooit so ontydig nie. Dalk proe tyd na die binnekant van jou mond, na die laaste ding wat daar deur is. Soos ’n vloekwoord. ’n Sug. Of ’n naam. Ek rol my tong een keer deur. Nog ’n sintuig klok uit. As ek haar naam net mag proe. Maar dis nie meer daar nie. Daar is niemand wat sal kom as ek haar naam roep nie. En dis my skuld. En ek kan net nie daardie kruis alleen dra nie. Ek is nie Job nie, Ma. Ek kan nie toekyk terwyl die gode deals maak onder my neus nie. Die lyn wat Goed en Kwaad skei loop eintlik dwarsdeur elke mens. Deur my ook, sê jy. Maar links hou op ’n tiekie is sommer baie inspanning vir ’n ou sonder ’n plan B. Ek wil nie meer nie. Beproewinge bevry my nie soos vir Job nie. Dit beleër my. Rampe maak my nie sterker nie. Dit troef my. Ondervinding bevry ander, maar maak my swaarder. En ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ’n mot. Die gode het gewen. Ek glo nie meer in dinge-sal-regkom nie. Ek het my geloof in God en goeie vooruitsigte so saam-saam verloor. My verhemelte wil die heil en onheil nie meer onderskei nie. My hemele stuur die Eliaswolke en reënnewels tegelyk. Ek kyk nie eers meer op nie. Dis nie dat ek nie weet nie. Dis dat ek te veel weet maar die deugde nie uitmekaar kan ken nie. Om jouself om die lewe te bring is soveel anders as om iemand anders dood te maak. Soveel moeiliker. Jy weet, selfmoord is sneaky. Die een helfte van jou brein probeer jou oorreed dat die ander helfte lieg. Links priem jou met redes om te gaan en regs por jou om te vertoef, soos vir ’n loopdop. Maar dié koeël sal my kwytskeld. As jy in die kort loop van ’n .38 Special staar, kan jy die merkies op die stomp loodpunte van die ander vier patrone sien. Nie dat ek hulle ooit nodig sal kry nie. Op hierdie afstand sal een koeël meer as genoeg wees. Ek kyk vir oulaas om. Ag. Die blomme. Ek laat sak die rewolwer, draai om en haal die mooi ruikers van die groot grafsteen af. Ek kyk rond. Daar is niemand nie. Net die denne. En ’n duif wat roekoek. Dis jammer. Ek wil vir iemand sê mens bloei nie op blomme nie. Wat ’n gedagte moes bly, glip toe uit. Die duif vlieg met trae vlerkslae weg. Mens bloei nie op blomme nie.
Steve Hofmeyr (Kapabel)
Ek het nog altyd na die fluisterstem in my kop geluister en nou het dit skryf jou storie, Alda, skryf jou storie, agter my oor kom fluister. Wie is ek om te stry? Somtyds is dit net 'n ligte gewaarwording, maar partykeer is dit helder en duidelik nie altyd in die stilte van die nag nie, maar meermale ook sommer helder oordag. Dan weet ek ek moet luister. Luister, luister, wie daar fluister.
Trisa Hugo (Viersprong)
Woorde en visse, dink ek. Visse en woorde. En hoe fragiel, die liefde, dink ek met opgehoue asem, en diep nog ’n mossel uit. Hoe diep die see. Hoe seker die voël wat silwer sien flits en fokus en op ’n diep-diep vlak waarvan min mense enigiets weet, aanvoel dat daar iets is om te gryp, en dan duik, af af af, die spieël van die oppervlak breek, steeds af, en die snawel sekuur om die romp van die weerligvissie slaan, en met die dood van die prooi die vermoede van lewe bevestig. Hoe breekbaar die liefde. Soos ’n kuiken op ’n onbegonne krans wat oopbek die onbekende toekoms wil verorber, wat skree en huil en treur vir kos en vir lewe wat nog nie geken is nie, ’n ongeleefde lewe. En later, met ’n sak vol toegeklemde mossels op pad huis toe, die sneeuberge links én regs in die oneindigheid, vlieg ’n woudduifpaar (Hemiphaga novaeseelandiae) verby, hul vlerkval volmaak in pas, hul vlug oos, berge se kant toe …
Ryk Hattingh (Huilboek (Afrikaans Edition))