Ek Is Wie Ek Is Quotes

We've searched our database for all the quotes and captions related to Ek Is Wie Ek Is. Here they are! All 3 of them:

Ek sou Japan toe kon gaan, maar wie het nodig om Oosterse tempels op te soek as die hele Vrystaat met sy oseaan van gras ’n tempel is? As mens jou hier kan oplos in die stilte?
S.J. Naudé (Van vaders en vlugtelinge)
Luister, liefling, ek hét jou lief, ek is bereid, méér, om altyd by jou te bly. Verstaan jy? Maar voordat jy só na my toe kan kom, is ek bang vir álle hoop, álle oorgawe gee aan moontlikhede … alewig moontlikhede … Ek wil nie “gedood word deur ’n droom”, om myself aan te haal nie. En dit sal vernietigend wees vir ons verhouding soos dit nou is. En daarom probeer ek, ten spyte van my eenheid en verbondenheid met jou, om dinge maar te aanvaar soos hulle is: goed, as ek nie by ander mans mag gaan lê nie – ek kan verstaan dat jy jaloers sal wees omdat jy my liefhet, maar Estelle is daarom ook tog iémand, én wat jy eenmaal liefgehad het, en by wie jy blý, en ek NEUL nie so nie!
Francis Galloway (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)
Ek het nog altyd na die fluisterstem in my kop geluister en nou het dit skryf jou storie, Alda, skryf jou storie, agter my oor kom fluister. Wie is ek om te stry? Somtyds is dit net 'n ligte gewaarwording, maar partykeer is dit helder en duidelik nie altyd in die stilte van die nag nie, maar meermale ook sommer helder oordag. Dan weet ek ek moet luister. Luister, luister, wie daar fluister.
Trisa Hugo (Viersprong)