Wat Is N Ma Quotes

We've searched our database for all the quotes and captions related to Wat Is N Ma. Here they are! All 4 of them:

Wanne’ word djy deur ’n sea urchin gestiek, hah?” “Wanne’ djy aan hulle vat,” antwoord Ben sy vraag. “Ma’ hoeko’ vat djy aan hom? Da’s mos nie ’n riede om aan hom te vattie. ’Is defence, mos. En wat gebeur wanne’ daai spike afbriek in jou vel?” “Dit brand, dit . . .” “’It sweer.” Boss lig sy wenkbroue. “O’s protect. O’s defend. Ma’ ’it gaan net painful wies as jy ons teenstaan.
Joha van Dyk (Kanniedood (Branderjaer #3))
n Ma – wat is ’n ma nou eintlik? Ester het al gesê as sy kyk na haar tydgenote en hulle kinders, is sy maar bly sy het nie kinders nie, ’n mens is hulle slaansak. Kinders het iemand nodig om by af te pak, en daardie iemand is ’n ma. Dié een wat hulle weet vir wie hulle alles kan sê en wat alles sal verduur. Móét kan verduur. En die een van wie hulle alles ook kan weghou. Sodat sy ook dít moet verstaan. (Drieklawerblaar)
Christine Barkhuizen le Roux
LIFE" wHat is tHIs? I tHInk itz n0tHIng n0thIng n0thIng I mEt maNy p30pLe in mY LiFe...buT 0nE daY AccIdentLy G0D haVe sh0wn mE a beAutIfuL m0vemEnt buT I waX n0t awAre ab0uT tHIs dat itZ m0rE pAinFuLL . I Can't eXpLaIn in Few W0rdZ .In sh0rt juS waNa saY L0st mY eVerytHing buT aLL g0ex In vAin.....In 0ther xEnce My Life br0keD mE in unLimItED piceS.....buT wHen these past m0vemEnts runz In mY mInd jus FeeLing huRteD & i can't xpLain dat wat i feeL ...
Malik Faisal
Bloed op ’n blom. Goed. Om ’n lang storie kort te maak. Ek staan hier met my hakke teen die voetenent van haar graf en die kort loop teen my voorkop. My duim is op die sneller. My wysvinger op die hamer. My hand ruk onder die gewig. Maar ek hou hom lynreg gerig. Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste en wanneer hy sy hand laat sak het, die Amalekiete. Is dit U sagte hand hier onder my elmboog vandag? Want dit help net mooi niks. Die dêm ding raak swaar. Hoe lank staan ek al hier? Hoeveel vrae gevra? Hoeveel antwoorde gekry? Niks. Time-fokken-out. Tyd het nog nooit so min beteken, na so min geruik of so sag geklink nie. Tyd was nog nooit so ontydig nie. Dalk proe tyd na die binnekant van jou mond, na die laaste ding wat daar deur is. Soos ’n vloekwoord. ’n Sug. Of ’n naam. Ek rol my tong een keer deur. Nog ’n sintuig klok uit. As ek haar naam net mag proe. Maar dis nie meer daar nie. Daar is niemand wat sal kom as ek haar naam roep nie. En dis my skuld. En ek kan net nie daardie kruis alleen dra nie. Ek is nie Job nie, Ma. Ek kan nie toekyk terwyl die gode deals maak onder my neus nie. Die lyn wat Goed en Kwaad skei loop eintlik dwarsdeur elke mens. Deur my ook, sê jy. Maar links hou op ’n tiekie is sommer baie inspanning vir ’n ou sonder ’n plan B. Ek wil nie meer nie. Beproewinge bevry my nie soos vir Job nie. Dit beleër my. Rampe maak my nie sterker nie. Dit troef my. Ondervinding bevry ander, maar maak my swaarder. En ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ’n mot. Die gode het gewen. Ek glo nie meer in dinge-sal-regkom nie. Ek het my geloof in God en goeie vooruitsigte so saam-saam verloor. My verhemelte wil die heil en onheil nie meer onderskei nie. My hemele stuur die Eliaswolke en reënnewels tegelyk. Ek kyk nie eers meer op nie. Dis nie dat ek nie weet nie. Dis dat ek te veel weet maar die deugde nie uitmekaar kan ken nie. Om jouself om die lewe te bring is soveel anders as om iemand anders dood te maak. Soveel moeiliker. Jy weet, selfmoord is sneaky. Die een helfte van jou brein probeer jou oorreed dat die ander helfte lieg. Links priem jou met redes om te gaan en regs por jou om te vertoef, soos vir ’n loopdop. Maar dié koeël sal my kwytskeld. As jy in die kort loop van ’n .38 Special staar, kan jy die merkies op die stomp loodpunte van die ander vier patrone sien. Nie dat ek hulle ooit nodig sal kry nie. Op hierdie afstand sal een koeël meer as genoeg wees. Ek kyk vir oulaas om. Ag. Die blomme. Ek laat sak die rewolwer, draai om en haal die mooi ruikers van die groot grafsteen af. Ek kyk rond. Daar is niemand nie. Net die denne. En ’n duif wat roekoek. Dis jammer. Ek wil vir iemand sê mens bloei nie op blomme nie. Wat ’n gedagte moes bly, glip toe uit. Die duif vlieg met trae vlerkslae weg. Mens bloei nie op blomme nie.
Steve Hofmeyr (Kapabel)