“
Marta, hulle teenwoordigheid verander mos nie 'n jota of tittel aan wat jy mense toewens nie. As hulle nie deur ons opvattings geaffronteer word nie, hoekom affronteer hulle opvattings jou? Dit kan nie aansteek nie, dit kan nie aan jou afsmeer nie, en dit kan nie hier agterbly as hulle vanaand huis toe gaan nie. En as jy verby die verskille kyk, sal jy agterkom hulle is mense, nes ek en jy, wat hard moet werk om te oorleef in 'n wêreld wat dit vir hulle ontsettend moeilik gemaak het. Om 'n hand van vriendskap uit te reik, kos niks en dit neem niks weg van wat ons is nie. - Kanaan
”
”