Rykdom Quotes

We've searched our database for all the quotes and captions related to Rykdom. Here they are! All 4 of them:

Wel, enige kunstenaar hoop seker op ’n klein bietjie erkenning eendag ná sy dood. En enigeen sal seker verkies dat dit vóór sy dood al begin?’ ‘Daar’s baie kunstenaars wat roem en rykdom in hulle lewe bereik – en honderd jaar later is hulle heeltemal vergete.’ Nog erger, dink Willem, is kunstenaars wat ’n bietjie roem in hulle lewe bereik – en daardie bietjie roem verloor voor hulle doodgaan. Maar hy knik net vir sy seun. ‘En daar’s ander wat hulle hele lewe in totale obscurité deurbring,’ gaan Maurice voort, ‘soos die arme Van Gogh wat nooit ’n enkele skildery kon verkoop nie, en honderd jaar later word hulle onsterflik. Wat sou jy verkies het? As jy kon gekies het?’ As mens maar kon gekies het.
Marita van der Vyver (Misverstand)
Dis drome van rykdom wat ons arm maak.
Jaco Strydom (Leef lig: Vyf gewoontes van die vroeë kerk en wat dit vir ons vandag beteken (Afrikaans Edition))
Die alternatief vir krummels-gooi vir die armes is nie om brode te gooi nie, maar om 'n maaltyd te deel.
Jaco Strydom (Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense (Afrikaans Edition))
Dis die droom van rykdom wat ons arm maak
Jaco Strydom