Eendag Quotes

We've searched our database for all the quotes and captions related to Eendag. Here they are! All 5 of them:

Wel, enige kunstenaar hoop seker op ’n klein bietjie erkenning eendag ná sy dood. En enigeen sal seker verkies dat dit vóór sy dood al begin?’ ‘Daar’s baie kunstenaars wat roem en rykdom in hulle lewe bereik – en honderd jaar later is hulle heeltemal vergete.’ Nog erger, dink Willem, is kunstenaars wat ’n bietjie roem in hulle lewe bereik – en daardie bietjie roem verloor voor hulle doodgaan. Maar hy knik net vir sy seun. ‘En daar’s ander wat hulle hele lewe in totale obscurité deurbring,’ gaan Maurice voort, ‘soos die arme Van Gogh wat nooit ’n enkele skildery kon verkoop nie, en honderd jaar later word hulle onsterflik. Wat sou jy verkies het? As jy kon gekies het?’ As mens maar kon gekies het.
Marita van der Vyver (Misverstand)
Maar seerkry kom so dikwels omdat mens ’n bepaalde beeld van of vir die toekoms skep, asof dié verskiet, dié “eendag” die belangrikste is. En dit is nie. Dit is wat mense verlei om vals teenoor mekaar te wees, beloftes te maak vir ’n “eendag” waaroor hulle geen beheer het nie. En daarom is wat ek jou aanbied – here, dis min, ek weet, maar dit is vir my so kosbaar – nou. Dis nie fatalisme of hedonisme of watse isme ook al nie, dalk nie eers realisme nie. Maar is dit nie op stuk van sake ál waarvan ons as mense seker is nie? En dis ’n “nou” wat tyd eintlik van minder belang maak. Dit kan dae wees, of weke, of jare, of “for ever and ever”.
Francis Galloway (Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe)
preserveer … Dalk sal ek nog eendag uitvind
Irma Venter (Die verkeerde vrou (Ami Prinsloo, #2))
Tydens die gesprek sê Breytenbach volgens Brink ook die volgende: Here man, dit vra nie dapperheid nie, dis so natuurlik as asemhaal. Nou kom sit jy op TV en as die man sê jy’s die grootste skrywer in SA, dan val jy hom nie in die rede nie: jy sê nie hokaai, wat van Alan Paton, wat van Nadine Gordimer, wat van Zeke Mphahlele? nie [sic] ... Jy bou vir jou ’n beeld op & jy vergeet eendag gaan jy ingehaal word.64
Leon De Kock (André P. Brink En die spel van liefde: 'n biografie (Afrikaans Edition))
Só was haar ma. Spits altyd die ore. In die gesin word gesê: Ore is Ma se primêre organe. Haar hart sal al staan, dan luister sy nog. Haar pa se speelse waarskuwing: “Ma gaan ons nog eendag uit die graf afluister!
Etienne van Heerden (Die biblioteek aan die einde van die wêreld)